Wie's ons

Ons inspireer mense om die Ware Noord vir hulle lewens te ontdek.

Om 'n onweerstaanbare kerk te wees wat mense inspireer om te kom soos hulle is, volkome vernuwe te word en 'n verskil in die wêreld te maak.

agapé
wil 'n kerk wees
waarheen jy JOU nie-kerk / nie-Christelike familie,vriende en kollegas kan nooi met volle vrymoedigheid.
Jesus het Self gesê:
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” - Mattheus 28:19
Dit is ons taak as die kerk om dieselfde onweerstaanbare goeie nuus in ons gemeenskap te beliggaam. Ons glo nie Rustenburg het ‘nog’ `n kerk nodig nie, maar wel `n ‘onweerstaanbare’ kerk, waarheen mense wat ver van Jesus af is, en glad nie soos Hy is nie, kan kom soos hulle is, volkome vernuwe word en toegerus word om `n verskil in die wêreld te maak. Ons wil `n kerk wees wat die hart van die Vader reflekeer vir dié wat nog ver van Hom af is.
'n Kerk so onweerstaanbaar soos Jesus!
`n Paar voorbeelde uit die Nuwe Testament:
Die onweerstaanbare Jesus
“Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” - LUKAS 15:1-2
‘Vriend van sondaars’
“Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ - LUKAS 7:34
Sy hart teenoor ‘verlore goedere’
Hy vertel 3 kort stories van 3 dinge wat weggeraak het: `n Skaap, `n muntstuk en `n seun in Lukas 15:1-32 en hoe die herder, eienaar en pa geen moeite ontsien om dit wat verlore is te soek en aan te hou soek todat hul dit terugkry nie. Hierin illustreer Jesus vir ons die hart van ons hemelse Vader vir mense wat verlore is (weg is).
“Daarop het hy (die verlore seun) teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.” - LUKAS 15:20
As kerk wil ons ook ‘oorweldig’ word met ‘liefde en deernis’ (soos die Vader) wanneer ons vir verlore mense bid, met hulle paaie kruis en sien aankom na ons byeenkomste toe. Te veel Christene en kerke word eerder oorweldig deur vooroordeel, kritiek, geestelike hoogmoed, apatie of minagting wanneer hulle ‘verlore mense sien aankom’.

